Hendrik II van Engeland

Hendrik II
Koning van Engeland
saam met Hendrik die Jong Koning

Huis Angevyne
Regeer 25 Oktober 11546 Julie 1189
Voorganger Stefanus
Opvolger Richard I
Eggenote Eleonore van Akwitanië
Kinders Willem IX, Graaf van Poitiers
Hendrik die Jong Koning
Richard die Leeuhart
Godfried, Hertog van Bretagne
Matilda, Hertogin van Sakse
Leonora, koningin van Kastilië
Johanna, koningin van Sicilië
Jan Sonder Land
Gebore 5 Maart 1133; Le Mans, Frankryk
Oorlede 6 Julie 1189; Chinon, Frankryk
Vader Godfried V van Anjou
Moeder Matilda van Engeland

Hendrik II Curtmantle (5 Maart 11336 Julie 1189) was van 1154 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die seun van Godfried Plantagenêt, die Graaf van Anjou, en Matilda van Engeland, dogter van Hendrik I van Engeland. Hy het sy bynaam te danke aan die praktiese kort mantels wat hy gewoonlik gedra het.

Hendrik was die eerste koning van die Huis van Plantagenêt. Dié naam het egter eers later in gebruik gekom. Planta genesta is die Latynse naam vir die brem-plant. Dit was die bynaam van Hendrik se pa, Godfried V van Anjou, wat glo die gewoonte gehad het om ’n bremtakkie op sy hoed te dra.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search